Voor die elektronteorie het baie mense geglo dat ’n stroom eintlik van positief na negatief vloei. Daar is nog talle boeke en diagramme in omloop wat op hierdie mening gebaseer is. Hierdie teorie word die konvensionele teorie of konvensionele stroomvloei genoem. In hierdie boek sal ons nog die konvensionele stroomvloei in stroombane en diagramme gebruik.
Konvensionele stroomvloei 1 = Stroomvloei Elektronvloei e = Elektronvloei
Let wel
emk – geen las is met bron verbind.
pv = ’n las is met die bron verbind.
Figuur 3.2: Rigting van stroomvloei
Spanning (V) Om stroom deur ’n geleier te laat vloei, het ons die een of ander vorm van eksterne energie nodig om die elektrone van hulle kern te skei. Hitte, wrywing, chemiese aksie, lig, druk en magnetisme is ’n paar van die basiese vorms van eksterne energie.
Daar kan geen stroom tussen twee punte in ’n materiaal vloei as daar nie ’n verskil in die lading tussen hulle is nie. Hierdie “verskil in elektriese druk” tussen die twee punte word die potensiaalverskil (afgekort as pv) genoem. Die eksterne energie wat gebruik word om ’n pv te skep, word onmiddellik in ’n ewe groot hoeveelheid elektriese energie omgesit. Sodra hierdie elektriese energie in staat is om elektrone te laat vloei, word dit elektromotoriese krag (emk) genoem. Hierdie emk en pv word in volt (V) gemeet.
Die emk is ’n spanning wat met ’n voltmeter by die terminale van ’n bron gemeet word, en die pv is die spanning wat oor ’n komponent gemeet word wanneer stroom daardeur vloei.
Sien dit as ’n groot dam vol water. Die druk in die dam is vir die vloei van die water in ’n pyp verantwoordelik. Die druk is ’n vorm van potensiële energie. Hoe groter die druk, hoe groter die stroom water. Net so het die “drukverskil” tussen atome die potensiaal om stroom te laat vloei.
Weerstand (R) Jy weet nou dat die vloei van stroom die beweging van vry elektrone deur ’n materiaal is. Die aantal beskikbare vry elektrone is die faktor wat bepaal hoe maklik stroom deur ’n materiaal sal vloei. ’n Materiaal wat min vry elektrone bevat, sal stroom net met moeite laat deurvloei. Dit bied dus weerstand teen die vloei van stroom. Hierdie weerstand (R) word in ohm (Ω) gemeet.
Faktore wat die weerstand van ’n materiaal beïnvloed Die weerstand van enige voorwerp, soos ’n draadgeleier, hang van vier faktore af: • die materiaal waarvan dit gemaak is (spesifieke weerstand) • sy lengte • sy dwarssnitoppervlakte • sy temperatuur op 'n gegewe tyd.