Prakties 1 Om ’n diode te toets Soort aktiwiteit: Ondersoek
Materiaal en toerusting • Toetsbord met drie diodes. NB!!!!! Opvoeder moet leerders drie diodes gee, waarvan elkeen in ’n ander toestand is, bv. een met ’n kortsluiting, ’n oop stroombaan en een wat werk. (Hulle kan in ’n houertjie geplaas word, met verskillende kombinasies in verskillende houers – slegs die simbole van die diodes moet aan die buitekant van die houer aangedui wees.)
• Konnekteer drade met krokodilklampie aan albei kante. • Digitale multimeter vir diodetoetsing ingestel.
Instruksies 1. Die meeste moderne multimeters kan diodes toets. Gebruik die multimeter op die korrekte instelling en teken al die lesings aan in die tabel hieronder. Vertolk die lesings en voltooi die status van elke diode saam met al die redes vir jou besluite.
A Diode C Diode E Diode 3 Terminaal
A(+) en B(-) A(-) en B(+) C(+) en D(-) C(-) en D(+) E(+) en F(-) E(-) en F(+)