Langer lewe as Ni-Cd wanneer volgelaai word Hoef nie heeltemal ontlaai te word voordat dit weer gelaai word nie Lewensduur van 3-4 jaar Moet minstens elke ses maande gelaai word om uitdroging te voorkom Meer omgewingsvriendelik as Ni-Cd Meer kostedoeltreffend Hoër interne weerstand as Ni-Cd
Litium-Ioon (Li-Ion)
Lewensduur van 2-3 jaar Oorlading en hitte verkort lewensduur Duurder as Ni-Cd- en Ni-MH- batterye Baie lig Omgewingsvriendelik, sonder gifstowwe Ontlaai nie vanself nie Groot verskeidenheid fatsoene en groottes
Stroom- en kragaanslag
’n Battery met ’n aanslag van 1 amp-uur behoort in staat te wees om ’n stroom van 1 amp vir ’n deurlopende tydperk van 1 uur te kan lewer, of 2 amp vir ½ uur, of 1/3 amp vir 3 uur, ens. voordat dit volledig ontlaai is. Die gemiddelde motorbattery het byvoorbeeld ’n kapasiteit van sowat 70 amp-uur teen ’n stroom van 3,5 amp. Dit beteken dat die tyd waarvoor hierdie battery ’n deurlopende stroom van 3,5 amp aan ’n las kan lewer, 20 uur sal wees (70 amp-uur / 3,5 amp).
Vir sekondêre selle gee die amp-uuraanslag ’n reël vir die laaityd benodig vir enige laaistroomvlak. Die 70-A/h-motorbattery in die bostaande voorbeeld sou vir 10 uur teen ’n konstante stroom van 7 amp gelaai moet word as hy heeltemal pap is (70 A/h / 7 amp).
Benaderde amp-uurkapasiteite van sommige gewone batterye: • Tipiese motorbattery: 70 amp-uur @ 3,5 A (sekondêre sel) • D-grootte koolstof-sinkbattery: 4,5 amp-uur @ 100 mA (primêre sel) • 9 V koolstof-sinkbattery: 400 milliamp-uur @ 8 mA (primêre sel)
Speelgoed MP3/4 spelers en iPod’s Kameras
Afstandbeheer, radiobeheerde speelgoed Spesiale Ni-MH-batterye word in battery- motors en fietse gebruik