Inleiding Aan die einde van hierdie hoofstuk sal jy ’n beter begrip hê van die gebruik en versorging van gereedskap en meetinstrumente wat in Elektriese Tegnologie gebruik word.
Dit is baie belangrik dat jy weet watter gereedskapstuk of instrument vir ’n gegewe taak of toepassing gebruik kan word. Die verkeerde gebruik van ’n gereedskapstuk of meetinstrument kan baie gevaarlik en ook baie duur wees.
Basiese handgereedskap
Plat skroewedraaier Funksie: Hierdie baie algemene werktuig word gebruik om skroewe met ’n gleufop in materiaal in of uit te draai. Veilige gebruik: Gebruik altyd die regte grootte skroewedraaier vir die betrokke taak. Maak seker dat die punt styf in die skroefgleuf pas. Moet dit nie gebruik as beitel of hefoom nie. Onderhoud en sorg: Verseker dat die handvatsel nie stukkend of glibberig is nie en hou die skroewedraaier skoon. Maak seker dat die punt styf in die skroefgleuf pas.
Geïsoleerde handvatsel Staalskag
Platpunt Figuur 2.1: Plat skroewedraaier
Phillips-skroewedraaier Funksie: Nog ’n algemene werktuig om skroewe met ’n Phillips of “sterkop” in of uit materiaal te draai. Onderhoud en sorg: Verseker dat die handvatsel nie stukkend of glibberig is nie en hou die skroewedraaier skoon. Veilige gebruik: Gebruik altyd die regte grootte skroewedraaier vir die betrokke taak. Maak seker dat die punt styf in die skroefgat pas. Moet dit nie gebruik as beitel of hefoom nie.