Gebiede waarin ’n transistor werk ’n Transistor kan in drie basiese gebiede bedryf word. Die drie gebiede, asook die uitsetkenmerke van ’n gewone versterker, word duidelik in die grafiek hieronder aangetoon. Die drie gebiede is: • Die versadiginggebied • Afsnygebied • Aktiewe gebied
Versadiginggebied
lc
Aktiewe gebied (lB)
Afsnygebied VCE Figuur 5.51: Kenkromme van ’n transistor
Die versadiginggebied Dit is wanneer die transistor heeltemal “aan” is (‘hard on’ in Engels). Beide die basis- emittor en basis-kollektorvoegvlak moet meevoorgespan wees. In hierdie gebied kan die transistor as skakelaar gebruik word.
Lineêre of aktiewe gebied In hierdie streek word die transistor tussen die “af-” en versadiginggebied gebruik. Die basis-emittorvoegvlak moet meevoorgespan wees en die basis-kollektor teenvoorgespan wees. Die transistor word in hierdie gebied as versterker gebruik. Versterking kan verkry word deur die basis-emittor se rigting te varieer.
Afsnygebied In hierdie gebied is beide die basis-emittor en die basis-kollektor teenvoorgespan wees en die transistor is dus in die “af” toestand. Slegs ’n klein lekstroom vloei. In hierdie streek kan die transistor as ’n skakelaar gebruik word.
Transistor (NPN) as ’n versterker Die algemeenste gebruik van die transistor as ’n versterker is die gewone emittorkring; dit word so genoem omdat die inset en die uitset die emittor in gemeen het.
Spanning na stroom Seinopwekker 0,6 V
In die kring (links) kan die uitsetstroom beheer word deur die insetstroom te verander. Aangesien die WS-sein op die versterker se inset aangelê word, word die NPN- transistor meer of minder aangeskakel, sodat die uitset dienooreenkomstig styg en daal. In die gewone emittorversterker is die inset- en uitsetstrome in fase, maar die spannings is 180° uit fase. Die uitsetwisseling is baie groter as die insetwisseling; dis hoekom die betrokke stroombaan ’n versterker genoem word.