Instruksies 1. Die spoel van nege draaie 0,56 mm geïsoleerde koperdraad word met die hand om ’n pen of potlood gedraai. Die spoel moet eerste gedraai word.
2. Konnekteer nou die stroombaan op die broodbord van jou logika-opleier soos hieronder aangedui.
3. Radiostroombane is baie sensitief en enige lang verbindings kan dus swerwende kapasitansies veroorsaak.
4. Die instelkapasitor moet met ’n nie-geleidende werktuig verstel word. 5. C1, C2, C3 en C5 moet keramiek-kapasitore wees, nie elektrolities of van tantalum nie.
6. Die onderwyser moet jou stroombaan eers nagaan voordat jy die krag aanskakel.
7. Die opvangstel vir hierdie sender kan enige FM-opvangstel wees. 8. Stel die ontvangstel na ’n duidelike leë ruimte en stem dan die kapasitor vir die beste opvangs.
9. Hierdie stroombaan kan ook gebruik word vir ’n baba-oppasser, sekerheid tuis of as ’n meeluistertoestel.
10. Omdat radiostroombane uiters sensitief is, mag jou stroombaan nie dadelik perfek werk nie – speel ’n bietjie met die spoel en die verstelbare kapasitor wat jou ingestemde stroombaan verteenwoordig vir die beste resultate.
10
Lugdraad 12”
Elektret mikrofoon
FM-sender
Prakties 2
Om ’n eenvoudige radiostel (kristalradio) te bou. Soort aktiwiteit: Klein projek
Materiaal en toerusting 1. Logika- of soortgelyke opleier 2. ± 20 m 0,5 mm geïsoleerde koperdraad vir multiaſtakspoel 3. 1 × hoë impedansie-oorfone 4. 1 × 1N34A germanium- of soortgelyke diodes 5. 1 × verstelbare kapasitor-tussen 15 pF en 365 pF 6. 1 × 0,001 µF kapasitor 7. 10-20 m dun draad vir lugdraad 8. Konnekteerdraad (0,5 mm soliede koperdraad)