Die behandeling van brandwonde • Moenie blase breek nie, want dit kan infeksie veroorsaak. • Moenie aan die verbrande area raak of daaroor hoes of asemhaal nie. • Moenie rome, olies, margarien of salf op ’n brandwond wat mediese sorg benodig, smeer nie. Onthou, enigiets wat jy opsit, moet by die hospitaal verwyder word.
• Moenie ’n brandwond met watte of ander donserige materiaal bedek nie. • Klein slukkies water kan gegee word om die beseerde by sy bewussyn te hou en as hy van dors kla.
• Mediese bystand is nodig vir oppervlakkige brandwonde wat ’n groot area dek, vir alle diep brandwonde en vir elektriese en chemiese brandwonde.
Gevallestudie Jy en twee vriende kom op ’n ongeluk op die bouperseel af waar vyf werkers laat gewerk het. ’n Elektriese substasie het ontplof, wat ’n brand veroorsaak het. Jy vind een werker wat nog in aanraking met ’n lewendige elektriese kabel is en op die grond bewusteloos lê sonder om asem te haal.
Twee ander is deur warm transformatorolie geskroei en nog een is deur die vuur verbrand, maar almal is by hul bewussyn. ’n Werker is deur ’n stuk vlieёnde metaal teen die kop getref, is bewusteloos en het ernstige bloeding. Dit is duidelik dat jy vinnig moet optree om die lewens van die beseerde werkers te red. Al die vereiste toerusting is in die noodhulpkissie en die telefoon op die perseel werk. Onthou julle is slegs drie persone en daar is vyf beseerde werkers.
1. Wat moet jy eerste doen? 2. Hoe besluit julle wie doen wat? 3. Wat is die korrekte behandeling vir elke soort besering? 4. Hoe beskerm jy jou eie veiligheid terwyl jy die beseerde help? 5. Hoeveel persone kan jy skakel en wie skakel jy eerste?
Floute (verlies van bewussyn)
’n Persoon word flou van ’n tydelike, onvoldoende bloedtoevoer na die brein. Dit word dikwels veroorsaak deur ’n emosionele skok, deur ontstellende gebeure te aanskou, ’n pynlike besering, moegheid of siekte. Die persoon kan flou of duiselig voel, of hy kan skielik ineenstort. Meeste beserings veroorsaak een of ander soort senuweeskok.
Die behandeling bestaan daaruit om genoeg bloed by die persoon se brein te kry, en dit gebeur as volg: • Laat die beseerde lê en behandel enige ooglopende besering wat daartoe kon lei dat die beseerde flou geword het.
• Lig die beseerde se bene effe hoёr as die vlak van sy kop. • Maak seker die beseerde kry genoeg vars lug. As julle buite in die son is, probeer die persoon in die skaduwee kry.
Figuur 1.19: Behandeling van ’n bewustelose pasiënt
• Maak klere rondom die nek, bors en midrif los. • As sy asemhaling belemmer is, plaas in die herstelposisie. • Kalmeer die beseerde wanneer hy bykom. • Lig die persoon geleidelik op tot in die sitposisie en gee klein slukkies water indien nodig.
Die persoon se velkleur sal na normaal terugkeer as herstel begin. As dit is nie vinng en volledig gebeur nie, is hospitaalbehandeling nodig, veral as daar ’n beenbesering was.