Voorbeeld: Kapasitors in parallel Bepaal die totale kapasitansie van ’n kapasitorstroombaan met drie kapasitors met waardes van 1 µF, 2 µF en 3 µF onderskeidelik.
Gegee: Oplossing:
C1 = 1 µF C2 = 2 µF C3 = 3 µF
CT = C1 + C2 + C3 CT
= 1 + 2 + 3 = 6 µF
Hoe ’n kapasitor gelaai word
Met die laai van ’n kapasitor verwys ons eintlik na die bekragting van die twee plate met verskillende polariteite. Dit kan eenvoudig gedoen word deur ’n klein battery oor die kapasitorleidings te verbind, soos hieronder in Figuur 5.20 (b) getoon. Met die skakelaar oop word die elektrone gelykmatig oor die stroombaan versprei. Sodra die skakelaar gesluit word, vloei die stroom en die kapasitor begin laai deur elektrone op die plaat wat met die battery se negatiewe pool verbind is, te versamel. Hierdie laaiproses duur voort totdat die spanning oor die kapasitorplate dieselfde is as die battery se spanning. Die tyd wat nodig is om ’n kapasitor te laai, sal van die waarde van die kapasitor asook van die weerstand in die stroombaan afang. Dit staan algemeen bekend as die tydkonstante (t) en kan wiskundig soos volg uitgedruk word: t = RC, waar R = die waarde van die weerstand (ohm) in die stroombaan en C die waarde van die kapasitor (Farad) is.
+ve – ve
R
Die tydkonstante van ’n RC-stroombaan is die produk van die kapasitor C en die weerstand R, t = R × C.
R
Skakelaar oop
12 V Figuur 5.20 (a): 0 V oor kapasitor
Skakelaar toe
12 V Figuur 5.20 (b): 12 V oor kapasitor
Ons kyk na die diagramme hieronder om in meer detail te verduidelik hoe ’n kapasitor gelaai en ontlaai word: