’n Praktiese toepassing van ’n termistor ’n Baie praktiese aanwending van ’n termistor kan wees om ’n vloeistofvlak te bepaal. Wanneer die termistor in lug geplaas word, sal die stroom wat deur die stroombaan vloei, die relê aktiveer en sy kontakte gesluit hou. As die vloeistofvlak styg en kontak maak met die (NTK) termistor, sal laasgenoemde koeler word en dus ’n hoër weerstand hê. Hierdie hoër weerstand verminder die stroomvloei deur die stroombaan, wat die relêkontakte laat oopgaan. Dit kan op sy beurt weer ’n alarm van ander relês in die klepstroombaan aktiveer, wat die vloeistoſtoevoer na die tenk afsluit. Soos die vloeistofvlak in die tenk laer as die termistor daal, neem die temperatuur van die termistor toe, die stoom vermeerder en die relê sluit weer en die siklus begin opnuut.
Kontakte na sekondêre stroombaan (Gonser/lig) • •
R1 Relê Battery
Termistor Vloeistofvlak Figuur 5.7: Termistorvloeistofdetektor
Ander aanwendings van termistors • Termistors word gewoonlik in moderne digitale termometers gebruik. • Termistors word gebruik om die temperatuur van batterypakke wat gelaai word, te monitor.
• NTK termistors kan ook gebruik word om die temperatuur in ’n broeikas te monitor.
• NTK-termistors word dikwels in motorvoertuie gebruik. Hulle monitor byvoorbeeld aspekte soos die temperatuur van koelmiddel, olie en die binnekant van die enjin.
LAR (Ligafhanklike weerstand)
Hierdie weerstand is lig-sensitief – dit verander lig in elektriese energie. Die weerstand van die toestel neem toe soos die lig-intensiteit toeneem: hoe sterker die lig, hoe laer die weerstand, want meer elektrone word van die atome losgemaak wat die konduktiwtiteit verhoog. ’n Populêre LDR (die ORP12) het ’n weerstand wat wissel van sowat 10 MΩ in die donker tot omtrent 1 kΩ in helder lig.
Figuur 5.13: LAR en LAR simboole
Ander ligafanklike weerstande word van ander materiale gemaak, soos kadmiumsulfied, loodsulfied en die algemener halfgeleiers soos germanium, silikon en galliumarsenied.
84
Die ligafanklike weerstand of LAR is ook onder baie ander name bekend – fotoweerstand, fotogeleier, liggeleidende sel of sommer ligsel. Hierdie komponente het al baie vorms aangeneem sedert die 19de eeu, toe Willoughby Smith die fotogeleidingsvermoë van seleen ontdek het. Sedertdien is daar talle variante van fotogeleidende komponente vervaardig.