Hou ’n lys met noodtelefoonnmmers (naaste hospitaal of kliniek, dokter, ambulansdiens, brandweer, polisie) waar almal dit kan sien en hou dit gereeld op datum. Wanneer jy die nooddiensnommer bel, gee jou eie naam en telefoonnommer en moenie aflui voordat hulp opgedaag het nie.
Voltooi hierdie lys nommers en plaas dit êrens op die perseel waar almal vinnig toegang daartoe het wanneer nodig: 1. Ambulans
2. Nooddienste
Nr Nr
3. Noodhulpbeampte Nr 4. Naaste hospitaal Nr 5. Die polisie
6. Die hoofontrakteur Nr 7. Die kliënt
Nr Nr
Daar is twee nasionale noodnommers : 08600 10111 vir nooddienste. 08600 10177 vir ’n ambulansdiens.
As jy ’n selfoon gebruik, moet jy uitvind wat die nooddiensnommer vir jou diensverskaffer is. Daar is nog ’n noodgevalnommer wat jy kan skakel as jy probleme met jou plaaslike diens het: 1022.
Aktiwiteit 3
Al hierdie vrae handel oor onderwerpe wat ons in hierdie module behandel het. Beantwoord hulle in jou eie woorde. Gee soveel inligting as wat jy kan.
1. Waarom is ’n bouperseel ’n gevaarlike plek om te werk? Gee vier redes. 2. Gee ’n definisie van ’n ongeluk. 3. Hoeveel persone het al MIV/Vigs opgedoen tydens behandeling van pasiёnte met Vigs?
4. Wat gebeur wanneer ’n persoon ophou asemhaal? 5. Kan ’n elektriese skok veroorsaak dat ’n persoon aan skok kan ly? 6. Lys vier simptome van skok. 7. Hoeveel soorte brandwonde is daar? 8. Hoeveel soorte frakture is daar? 9. Lys ses simptome van ’n fraktuur. 10. Noem vier soorte wonde. 11. Waarom moet die lugweё van ’n beseerde oopgehou word? 12. Hoeveel asemteue gee ’n normale persoon per minuut? 13. Beskryf hoe jy ’n brandwond moet behandel. 14. Jou vriend het ’n elektriese skok opgedoen terwyl hy ’n verlengkoord probeer regmaak het. Noem vyf simptome wat hy kan toon.
15. Verduidelik kortliks die stappe wat gedoen moet word om iemand te help wat ’n elektriese skok opgedoen het.
16. Noem die belangrikste oorsake van elektriese skokke.