’n Transformator met ’n inset van 230 V WS het ’n windingverhouding van 5:1. Bepaal: a) die sekondêre spanning, en b) die stroom as die primêre stroom 30 mA is.
Eenvoudige relê Een van die eenvoudigste toepassings van elektromagnetisme is die eenvoudige relê. ’n Relê is ’n elektries-bediende skakelaar. ’n Relê bestaan uit ’n elektromagneet – ’n aantal windings geïsoleerde draad wat om ’n sagteysterkern gedraai is en gebruik word om ’n stel kontakpunte te bedien. Met ’n relê kan een stroombaan gebruik word om ’n tweede stroombaan te skakel wat apart van die eerste stroombaan is; ’n laagspannings batterystroombaan kan byvoorbeeld ’n relê gebruik om ’n 230 V WS-netstroombaan te skakel. Daar is geen elektriese verbinding tussen die twee stroombane nie, maar hulle is wel magneties met mekaar verbind.
Normaal oop kontak Spoel
Gemeenskaplike kontak
Normaal toe kontak
Figuur 8.33: Eenvoudige relê
160 Figuur 8.34: Simbool vir ’n relê met eenpooltweeslag-kontakpunte