Prikwond: Spykers, naalde, tuinvurke en selfs tande kan ernstige inwendige beserings tot gevolg hê. As die wond diep is, is die risiko van besmetting hoog omdat vuilgoed en kieme dit kon binnedring.
Skaafwond: Skaafwonde word dikwels opgedoen wanneer ’n persoon gly en val. Die boonste lae van die vel word afgeskuur en los ’n teer, rou area. Omdat daar gewoonlik grint in ’n skaafwond is, kan dit maklik ontsteek.
Figuur 1.12: Skaafwond
Skietwond: Hierdie wonde kan ernstige inwendige beserings veroorsaak. Die wond waar die koeёl uitkom, is dikwels baie groter as waar dit ingaan. Wanneer ’n koeël die liggaam binnedring, kan dit inwendige organe, weefsel en bloedvate beskadig. Behalwe uitwendige bloeding, mag daar ook inwendige bloeding voorkom.
Kneusing word veroorsaak wanneer ’n persoon val of ’n stomp voorwerp hard teen die liggaam stamp. Dit kneus die vel en die omliggende weefsel. Alhoewel die vel heel bly, lek bloed uit die beskadigde bloedvate in die weefsel in.
Figuur 1.14: ’n Kneusing Brandwonde
’n Brandwond is enige beskadiging aan die vel of ander weefsel wat deur die uitdroog van vogtige hitte, sterk chemikalieё, elektriese energie of bestraling veroorsaak word.
Die meeste brandwonde kom voor wanneer persone agtelosig is. Brandwonde kan voorkom word as mens bewus is van die potensiële gevare van masjiene, installerings of materiale in die werkswinkel.
Soorte brandwonde Die eienskappe van meeste brandwonde hang in ’n groot mate af van die oorsake: • Droë hitte. Meesal veroorsaak deur vuur of die aanraking van warm voorwerpe. ’n Groot deel van die liggaam kan betrokke wees en daar kan diep beserings wees.
• Vogtige hitte. Veroorsaak deur stoom of warm vloeistowwe. Hierdie brandwonde is gewoonlik oppervlakkig, maar kan baie ernstig wees aan die gesig, skaamdele of as groot areas van die liggaam betrokke is.
• Chemiese stowwe. Bytsoda, sure en ander chemikalieë veroorsaak gou skade aan die vel. Hoe langer die chemiese stof in kontak met die vel bly, hoe erger sal die besering wees. Hierdie beserings is veral gevaarlik wanneer chemikalieë by mondelings ingeneem word, want hulle kan die lugweë beskadig en asemhaling bemoeilik.
• Elektrisiteit. ’n Elektriese stroom wat deur die liggaam vloei, veroorsaak diep beserings waar dit die liggaam binnegaan en uitkom. Elektriese brandwonde veroorsaak dikwels belemmerde asemhaling en hartaanvalle. Daar kan ook frakture en ontwrigting van gewrigte wees as gevolg van die hewige spiersametrekkings wat die elektriese skok veroorsaak.
Figuur 1.16: ’n Elektriese brandwond 14
Noodhulp vir slagoffers met elektriese brandwonde Die erns van elektriese brandwonde wissel na gelang van die stroomsterkte, die duur van die skok en die rigting van die stroom deur die liggaam. Hierdie wonde is dikwels diep. Elektriese brandwonde mag van buite gesien klein lyk, maar kan ernstig wees aan die binnekant. In die geval van ’n elektriese brandwond moet die volgende gedoen word: • Kyk of die slagoffer aan skok lei (koud is, klam voel, bleek lyk of vinnige hartklop het). As die slagoffer aan skok lei, plaas sy/haar voete effens hoër as die kop. • Moenie ghries of olie op die brandplek sit nie.