Elke kleur verteenwoordig ’n syfer, soos in die tabel aangedui. Die meeste weerstande het vier ringe: • Die eerste ring dui op die eerste syfer • Die tweede ring dui op die tweede syfer • Die derde ring dui op die aantal nulle • Die vierde band dui die toleransie (presisie) van die weerstand aan; in byna alle gevalle kan dit geïgnoreer word, maar nadere besonderhede word hieronder verstrek.
1ste ring 2de ring 3de ring Toleransie (4de ring)
Kleurkodes van weerstande
Kleur Nommer Swart Bruin Rooi
Oranje Geel
Figuur 5.3: Weerstandringe Hierdie weerstand het 'n rooi 1ste
en 'n goue 4de ring.
Dus is sy waarde 270 000 Ω = 270 kΩ. In sommige stroombane word die Ω weggelaat en word die waarde as 270 K geskryf.
Dis belangrik om ook te onthou dat jy drie weerstande met dieselfde waarde, maar verskillende groottes kan hê. Die enigste verskil tussen die drie weerstande sal die hoeveelheid stroom wees wat elkeen kan hanteer. Met ander woorde, hulle wattvermoëns verskil. Byvoorbeeld ¼ watt, ½ watt of 1 watt, ens.
Groen Blou Pers Grys Wit
ring (2), 'n pers 2de ring (7), 'n geel 3de ring (4 nulle)
0 1 2 3 4 5 6 7 8 9
5
¼ watt Figuur 5.4: Verskillende wattwaardes
Weerstande met lae waarde (minder as 10 ohm) Die standaardkleurkode kan nie waardes van minder as 10 Ω aandui nie. Om hierdie waardes aan te dui, word twee spesiale kleure vir die derde ring gebruik: goud, wat × 0,1 beteken, en silwer, wat × 0,01 beteken. Die eerste en tweede ringe dui die syfers soos gewoonlik aan.
Toleransie van weerstande (vierde ring van die kleurkode) Die toleransie van ’n weerstand word deur die vierde ring van die kleurkode getoon. Toleransie is die presisie van die weerstand en word as ’n persentasie getoon. Byvoorbeeld: ’n weerstand van 390 Ω met ’n toleransie van ±10% sal ’n waarde van 10% van 390 Ω hê, tussen 390 - 39 = 351 Ω en 390 + 39 = 429 Ω (39 is 10% van 390).
’n Spesiale kleurkode word vir die toleransie van die vierde ring gebruik: silwer ±10%, goud ±5%, rooi ±2%, bruin ±1%. As daar geen vierde ring is nie, is die toleransie ±29%. Toleransie kan in amper alle stroombane geïgnoreer word, omdat presiese weerstandswaardes selde nodig is.