17. In ’n skrootwerf word metaal deur middel van ’n groot elektromagneet opgelig. ’n Elektromagneet word gebruik omdat die onderhoudskostes laer is as die van ’n normale hidrolise meganisme. a. Verduidelik kortliks hoe jy te werk sal gaan om ’n elektromagneet te bou. b. Noem drie faktore wat die sterkte van die elektromagneet bepaal.
18. Noem VYF eienskappe van magneetveldlyne. 19. ’n 15 cm geleier beweeg haaks deur ’n magneetveld van 0,4 Tesla. As die spoed 20m/s is, bereken die emk wat opgewek word.
20. Noem twee tipes transformators. 21. Bereken die lasstroom en lasspanning in hierdie transformator-stroombaan:
2300 windings 710 windings Lass
22. Bereken die bronstroom en ladingstroom in hierdie transformator- stroombaan:
1400 windings 3810 windings Lass
23. Verduidelik kortliks hoe die draairigting van ’n DS-motor verander kan word.
24. Deurklokkie-stroombane het ’n klein lampie in parallel met die klokkie se drukknoppie sodat daar lig by die knoppie is wanneer dit nie gedruk word nie. Die lamp se filamentweerstand is sodanig dat daar nie genoeg stroom deurvloei om die solenoïed te aktiveer wanneer dit brand nie, wat beteken dat die deurklokkie slegs lui as die drukknoppie oor die lamp kortsluit.
Deurklokkie-skakelaar Solenoïed
Gestel so ’n deurklokkie se stroombaan hou skielik op om te werk en die huisbaas aanvaar dat die kragvtoevoer gestaak is, omdat die klokkie nie lui as dit gedruk word nie, en die lampie glad nie werk nie. Alhoewel ’n kragonderbreking seker moontlik is, is dit nie die enigste moontlikheid nie. Vind nog ’n moontlike fout in die stroombaan wat ook die werking van die deurklokkie (lig en klank) en die lampie (lig) sal laat verdwyn.