13. In die bostaande stroombaan is R1 = 1 kΩ, R2 = 3 kΩ en R3 = 6 kΩ. Bereken die:
a. b. c. d.
totale weerstand
totale stroom getrek uit die hooſtoevoer in mA spanning oor R1, R2 en R3
14. Bewys Kirchoff se wet oor stroom en spanning vir die bostaande stroombaan.
stroom deur R1, R2 en R3 in mA
15. ’n Verwarmer-element het ’n weerstand van 60 Ω. Bepaal die stroom wat dit sal trek as dit met ’n bron van 230 V verbind word.
16. ’n Kollig wat met ’n 12 V-battery verbind is, trek 3 A. Bereken die weerstand van die lamp se gloeidraad.
17. Die plaatskakelaar van ’n 230 V-stoof gee ’n lesing van 100 Ω as dit op medium is en 50 Ω op hoog. a. Neem die stroom toe of af wanneer dit van medium na hoog geskakel word? Verduidelik jou antwoord.
b. Hoeveel verander die stroom tussen medium en hoog?
18. Twee weerstande van onderskeidelik 10 Ω en 15 Ω word parallel verbind en dan in serie met ’n 20 Ω-weerstand verbind. Die stroombaan word vebind met ’n 230 V-bron. a. Teken die stroombaan wat hierbo beskryf word. b. Bereken die totale weerstand van die stroombaan. c. Bereken die stroom wat deur die 10 Ω-weerstand vloei.
19. Wat doen ’n verandering in spanning aan die stroom wat in ’n stroombaan met ’n weerstand-element vloei?
20. Die weerstand van ’n bepaalde hitte-element is op 4 A aangeslaan. Om die korrekte spanning van die toevoer te vind, is die weerstand as 55 Ω bepaal. Bereken die korrekte toevoerspanning.
21. In watter eenheid word krag gemeet? 22. Bereken die krag verbruik as ’n 240 V elektriese broodrooster 5 amp trek wanneer dit aan die hooſtoevoer verbind is.
23. Hoeveel stroom sal ’n gloeilamp met die volgende spesifikasies trek? Spanning = 240 V en Krag = 100-watt.
24. ’n Stofsuier se spesifiaksies is 240 V/800 watt. Bereken: i) die stroom wat dit van die hooſtoevoer sal trek. ii) die weerstand van die stofsuier se motor.
25. ’n 100 ohm weerstand trek ’n stroom van 2 A wanneer dit verbind is oor ’n sekere toevoer. Bereken: i) die kragverbruik van die weerstand ii) die toevoerspanning.
26. Watter een van die volgende toestelle sal die meeste stroom trek wanneer dit aan ’n 240 V toevoer verbind is, ’n 100W gloeilamp of ’n 2 kW elektriese verwarmer? Bewys jou antwoord.
27. Die naamplaat van ’n elektriese ketel bevat die volgende inligting: Spanning =240 V en Stroom = 2 A. Bereken: i) Die weerstand van die element. ii) Die krag deur die ketel verbruik.