Draadstroper Funksie: Veral om die isolering van draad af te stroop. Draadstropers kom in verskeie groottes en fatsoene. Veilige gebruik: Maak seker dat die stroopkant skerp is en stroop draad weg van die lyf af om beserings te voorkom. Onderhoud en sorg: Hou stroopkant skerp en olie bewegende dele.
Geïsoleerde handvatsel Draadstroper Krimpkake
Figuur 2.6: Draadstroper
Nutsmes Funksie: Gewoonlik gebruik om kabelbedekkings of die isolering van geleidraad af te sny. Veilige gebruik: Maak altyd seker dat die lem ingetrek word wanneer dit nie gebruik word nie. Moet nie die lem aanraak as dit uitsteek nie. Onderhoud en sorg: Maak seker dat die lem skerp is en die handvatsel nie gekraak of gebreek is nie.
Lem Handvatsel
Figuur 2.7: Nutsmes
Ystersaag/”Junior”-saag Funksie: Word gebruik om metaal asook dik elektriese kabels te sny. Veilige gebruik: Knyp materiaal wat gesny moet word in ’n bankskroef. Onderhoud en sorg: Maak seker dat die lem skerp en reg gespan is. Vervang stomp, gekraakte of gebreekte lemme.