Oersted se eksperiment met magnetisme Soort aktiwiteit: Eksperiment
Materiaal en toerusting • Vier sakkompasse • 30 cm dikkerige draad, met isolering of kaal. • ’n 1,5 volt-battery, grootte “D” of “C”.
Instruksies 1. Plaas die kompasse op ’n tafel langs mekaar met hulle gesigte na bo. Wag tot almal noord wys.
2. Plaas die middelpunt van die draad bokant die kompasnaalde, sodat hulle ook noord-suid wys. Buig die punte van die draad sodat hulle nader aan mekaar kom.
3. Vat een punt van die draad in een hand en druk dit teen enige terminaal van die battery.
4. Vat die ander punt met jou ander hand en raak aan die ander terminaal van die battery. Wat sien jy?
5. Onderbreek die konneksie (dit is nie goed vir die battery om so baie stroom te trek nie). Wat neem jy waar?
6. Herhaal met die battery se terminale omgeruil. Wat neem jy nou waar en watter afleiding kan jy maak?