• Maak die lippe met water nat, maar moenie enigiets gee om te drink nie. • Moenie hitte of warmwatersakke op die beseerde gebruik nie, aangesien dit bloed uit die belangrike organe na die vel kan trek.
• Monitor asemhalingtempo, polsslag en vlakke van reaksie met tien-minuut intervalle.
• As die beseerde moeilik asemhaal, braak of bewusteloos raak, plaas hom in die herstelposisie.
• As asemhaling en hartklop stop, begin onmiddellik met KPR.
Bloeding Bloeding word veral veroorsaak deur ongelukke waardeur bloed uit die liggaam vloei wanneer ’n bloedvat gesny word. Oormatige bloeding kan skok en selfs die dood veroorsaak. Enige bloeiende wond moet slegs met handskoene behandel word. Doen die volgende om bloeding te stop: • Pas direkte druk toe of gebruik ’n drukverband. • Hou die slagoffer kalm. • Hou die bloeipunt bokant hartvlak indien moontlik.
Daar is vier tipes wondbloeding: • Slagaarbloeding: Bie bloed is vol suurstof en helderrooi van kleur. Dit kom direk van die hart en is onder druk. Dit pols dikwels uit ’n wond saam met die hart klop. Hierdie soort bloeding is die gevaarlikste, omdat die beseerde baie bloed binne ’n kort tyd kan verloor.
• Aarbloeding: bevat minder suurstof en is ’n donkerder rooi. Bloed vloei uit teen laer druk as bloed uit ’n slagaar en sal nie spuit nie. Dit mag vryelik uitstroom as ’n hoofaar geskeur is.
• Kapillêre bloeding: kom gewoonlik van kleiner wonde waar bloed uit die wond syfer. Bloedverlies is minimaal, maar die risiko van infeksie is baie hoog.
• Inwendige bloeding: mag onsigbaar wees omdat dit van inwendige beserings kom. Dit kan baie gevaarlik wees en word dikwels veroorsaak deur beserings in die omgewing van die maag.
Noodhulp vir wonde Was jou hande deeglik en maak die area rondom die wond skoon voordat jy begin. Dra handskoene of trek ’n plastieksak oor jou hande. Stop heel eerste ernstige bloeding deur een van die metodes hierbo beskryf, te gebruik. Wanneer die vloei gestop is of waar die wond nie te erg bloei nie, kan jy dit met ’n skoon lap (verkieslik steriel) verbind om bloedverlies en besmetting te beperk. Moenie die verband so styf bind dat dit die vloei van bloed heeltemal belemmer nie.
Wonde in die werkswinkel
’n Werker by ’n bouperseel kan enige van die volgende tipe wonde opdoen. Die behandeling vir alle wonde is min of meer dieselfde, behalwe dat bloeding uit diep snye en prikwonde moeiliker kan wees om te stop.
Sny: Veroorsaak deur ’n mes, lemmetjie of selfs die skerp kant van papier. Die wond kan kwaai bloei omdat skoon gesnyde bloedvate nie maklik saamtrek nie.
Skeurwond: Ogiesdraad, masjinerie of dierekloue kan die vel oneweredig skeur. Hierdie wonde is geneig om minder ernstig te bloei, aangesien geskeurde bloedvate makliker saamtrek as gesnyde vate.
Figuur 1.11: Skeurwond 13
Steriel – Iets soos ’n verband, medisyne of selfs voedsel wat behandel is sodat dit nie kieme bevat nie