Wysvinger wys in die rigting van magneetvelde (B).
Rigting van veld
Middelvinger wys in die rigting van die induksiestroom (I).
Vloeirigting van stroom
Stroom (I) Figuur 8.21: Linkerhandreël vir motors Induktors
’n Induktor is ’n soort passiewe elektriese toestel wat gebruik word om die energie van magneetvelde te stoor en dit later vry te stel wanneer dit benodig word. Saam met smoorspoele en kapasitors het induktors gehelp om elektriese toestelle kleiner te maak deur ’n kompakte metode daar te stel om krag te stoor.
Tipes induktors Induktors word volgens die tipe kern en die wikkeling geklassifiseer. Tipes induktors sluit die volgende in: gekoppelde induktors, multilaag-skyfie- induktors, draadomwikkelde keramiekkerninduktors, gevormde skyfie-induktors, afgeskermde kraginduktors, gevormde induktors, gelykmatigbedekte induktors en wyebandsmoorspoele. • Gekoppelde induktors: By hierdie soort induktor is die magnetiese vloed van een induktor gekoppel aan dié van ’n ander. Hulle word in spesiale toepassings gebruik waar wedersydse induktansie vereis word, soos in transformators.
• Multilaaginduktors: In hierdie tipe word die spoel in verskeie lae gewikkel, met isolasie tussen elke laag. Hierdie opbou verseker ’n baie hoë induktansie.
• Keramiekkerninduktors: Die kern bestaan uit keramiek, wat ’n diëlektriese materiaal is, en hierdie tipe F-geleier besit hoë lineariteit, lae histerese en lae distorsie.
• Gevormde induktors: Hierdie induktors het lae waardes en word in etskringe gebruik. Hulle is gewoonlik staaf- of silindervormig, het windings op ’n kern en die hele samestel word met plastiek- of keramiekisolasie bedek. Die aansluitings sit weerskante en daar is twee tipes: deurgemonteer en oppervlakgemonteer.
Ander tipes is variasies van die bogenoemde. Afgeskermde tipes is afgeskerm teen EMI (elektromagnetiese steuring) en RFI (radiofrekwensiesteuring).
Konstruksie van kern Dit is een van die belangrikste dele van die induktor. Die draadwikkeling bied baie min weerstand, omdat dit van geleidende materiaal gemaak is en die elektrone laat deurvloei. Koperdraad en ander geleiers het ’n geleidingsvermoë van amper 99,8%, en die geringe inherente weerstand van koper verhinder nie die vrye vloei van elektrone nie. Wanneer ’n kern ingesit word, word ’n weerstand in die stroombaan ingebring, en nou bou die stroom in die wikkeling op totdat die kern se weerstand oorwin word. Hierdie opbou word as magnetiese energie in die kern gestoor. Afangend van die kern se weerstand, bereik die opbou gou die vlak van magnetiese versadiging en kan dit vrygestel word wanneer nodig.
153 Resulterende krag
krag uitgeoefen op stroomdraende geleier In magneetveld