• Die mikrofoon omskep klankdrukgolwe in elektriese seine. • Hierdie oudiospannings word deur die oudiospanningsversterker versterk. • Die versterkte oudio word gebruik om die afwyking van die frekwensiebeheerde ossillator te beheer.
• Die ossillatorfrekwensie is dié van die draerfrekwensie, in die 88-108 MHz FM band.
• Die lae krag van die frekwensiegemoduleerde draer word deur die radiofrekwensieversterker opgejaag.
• Die lugdraad word deur die versterker gedryf en lewer 'n elektromagnetiese golf. Lugdraad
Mikrofoon
Oudiospannings- versterker
Figuur 10.11: Frekwensie modulasie
Ontvanger • Die gekose frekwensie gaan na die menger. • Die ossillator se uitset gaan ook na die menger. • Tesame vorm die menger en die ossillator 'n FREKWENSIE- OMSETTERKRING.
• Die omsetter se uitset is die tussenfrekwensie (tf). • Die tf is 'n vaste frekwensie van 10,7 MHz. • Die tf is altyd 10.7 MHz, ongeag die frekwensie van die gekose radiostasie. • Die tf-sein gaan na die tf-versterker. • Die voordeel van die tf-versterker is dat sy frekwensie en bandwydte vas is, ongeag die frekwensie van die inkomende sein. Dit maak die ontwerp en werking van die versterker baie eenvoudiger.
• Die versterkte tf-sein gaan na die demodulator. • Hierdie kring herwin die oudiosein en verwerp die RF-draer. • 'n Deel van die oudio word na die ossillator teruggevoer as ’n spanning vir OUTOMATIESE FREKWENSIEBEHEER (OF). Dit verseker dat die ossillatorfrekwensie stabiel bly ten spyte van temperatuurwisselings.
• ’n Spanningsversterker verhoog die amplitude van die oudioseinspanning. • Die kragvlak word voldoende deur die kragversterker versterk om die luidspreker te dryf.