• Alle binêre syfers is óf “0” óf “1”. • Enige toestel met twee stande kan gebruik word om binêre syfers voor te stel. Vroeë rekenaars het skakelaars gebruik:
Oop Toe
Moderne rekenaars gebruik transistors wat “Versadig” kan wees = “Aan” à Logika 1 Kan “afsny”
= “Af” à Logika 0 Getallestelsels in rekenaars
Daar word ’n hele paar getallestelsels in die rekenaarveld gebruik. Die stelsels wat die algemeenste in gebruik is, is die desimale, binêre, oktale en die heksadesimale stelsels. Om te onderskei tussen nommerstelsels word elkeen deur ’n unieke wortel of basis verteenwoordig. Die desimale stelsel het ’n basis van 10, binêr ’n basis van 2, die oktale stelsel ’n 8 en die heksadesimale ’n basis van 16. Nommers in hierdie stelsels word as volg aangegee: Desimaal Binêr
Oktaal Heksadesimaal 25B16
12510 10012 1258
Die binêre stelsel is die algemeenste in digitale stelsels, omdat digitale stelsels se prosesseerders slegs 1’e and 0’e verstaan. Met die binêre getallestelsel kan die inset slegs een van twee moontlikhede wees (0 of 1), teenoor die desimale stelsel, waar daar 10 moontlike insetvlakke kan wees. In ’n binêre stelsel beteken stroom wat in ’n baan vloei logika “1” en wanneer daar geen stroom vloei is dit logika “0”. Alle digitale toerusting, van horlosies tot rekenaars, gebruik die binêre stelsel. Wanneer ’n sleutel op die sleutelbord van ’n rekenaar gedruk word, word ’n kombinasie van 1’e en 0’e na die prosesserder gestuur. Al die sleutels is bloot aan/ af-skakelaars wat elkeen ’n spesifieke kode na die prosesseerder stuur om ’n bepaalde taak te verrig.
Tel in die binêre stelsel 1002 stel ’n binêre getal voor (vier).
Dit is baie belangrik om te onthou dat enige getallestelsel geïdentifiseer word deur wat die basis of grondtal van die getallestelsel genoem word. Die grondtal is bloot ’n aanduiding van die aantal simbole wat in so ’n getallestelsel gebruik word. Die desimale stelsel het 10 simbole en word dus verteenwoordig deur die grondtal 10. Die binêre stelsel, aan die ander kant, het net twee simbole en word dus verteenwoordig deur die grondtal 2. Byvoorbeeld: 10010