Belangrike feite oor diodes • 'n Diode is 'n elektriese komponent wat stroom soos 'n eenrigtingklep beheer. • Wanneer 'n spanning op so 'n manier oor 'n diode aangelê word dat die diode stroomvloei toelaat, word dit as meevoorgespan beskryf.
• Wanneer 'n spanning op so 'n manier oor 'n diode aangelê word dat die diode stroomvloei verhinder, word hy as teenvoorgespan beskryf.
• Die spanningsval oor 'n geleidende, meevoorgespanne diode word die vorentoespanning genoem.
• Die vorentoespanning vir 'n diode wissel net effens met veranderings in die vorentoestroom en temperatuur en word bepaal deur die chemiese samestelling van die P-N-voeg.
• Silikondiodes het 'n vorentoespanning van sowat 0,7 V (hulle het minstens 0,7 V nodig voordat hulle begin gelei).
• Germaniumdiodes het 'n vorentoespanning van sowat 0,3 V (hulle het minstens 0,3 V nodig voordat hulle begin gelei).
• Die maksimum teenvoorspanning wat 'n diode kan weerstaan sonder om deur te slaan, is die topteenspanning of TTS-aanslag.
Diodetoepassings Die algemeenste gebruik van diodes is as gelykrigters van WS-seine (verandering van WS in GS). Diodes kan as halfgolf-, heelgolf- of bruggelykrigters gebruik word. Die verskillende stroombane word hieronder getoon.