1. Wat is die waarde van Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid? 2. Wat is jou definisie van ’n ongeluk? 3. Onveilige toestande veroorsaak talle ongelukke. Noem vyf onveilige toestande in ’n elektriese werkswinkel.
4. Wat verstaan jy onder die term “huishouding”? 5. Noem die vier basiese veiligheidskleure wat in werkswinkels gebruik word en verduidelik die betekenis van elke kleur.
6. Identifiseer die volgende tekens in ’n elektriese werkswinkel.
1
7. Dit kan baie gevaarlik wees om met ’n kragboor te werk. Noem drie redes hiervoor.
8. Noem vyf handelinge wat ’n ongeluk in ’n elektriese werkswinkel kan veroorsaak. 9. Noem die stappe wat ’n onderhoudspan moet doen voordat herstelwerk aan enige komponent in ’n elektriese werkswinkel gedoen kan word.
Beginsels van brandbestryding
Elektrisiteit is een van die vernaamste oorsake van brande in werkswinkels. Kortsluitings in kabels, defekte bedrading en oorlading van motors en transformators is ’n paar van die grootste oorsake van elektriese brande. Dit is dus belangrik dat wie ook al op sulke brande afom, weet wat om te doen. Brandbestrydingstoerusting moet duidelik gemerk wees met die korrekte tekens langsaan of bo-op. Die behoorlike werking van brandbestrydingstoerusting moet elke jaar nagegaan word. Die twee belangrike dinge omtrent brande is om te weet watter soort brand dit is en watter blussers vir elke klas brand gebruik moet word.
Klasse brande en gepaste blussers: Klas brand
KLAS A: Hout, papier, plastiek, rubber en ander soorte tekstiel
KLAS B: Petrol, paraffien, olies en vette KLAS C: Elektriese brande
1. Jy is in die elektriese werkswinkel besig om ’n simulasie te doen met transformators wanneer ’n transformator skielik aan die brand slaan. Watter klas brand is dit, en hoe gaan jy dit blus?
2. Wat is die hoofoorsake van elektriese brande? 3. Brande word in verskillende klasse verdeel. Noem die vier hoof brandklasse en die blussers wat gebruik moet word om hierdie brande te blus.
9
Figuur 1.4: Brandblusser
Tipe blusser
Water Droë poeier en skuim
Droë poeier en skuim Koolsuurgas
Droë poeier en skuim Koolsuurgas
Droë poeier en skuim
Het jy geweet? Die moderne
brandblusser is in 1818 deur die Engelse kaptein George William Manby uitgevind.