Elektriese Tegnologie NEN-hek (NEN = Nie EN nie) Hierdie is ’n EN-hek met omgekeerde uitset, soos die “0” op die uitset toon.
Die uitset is waar (logika 1) as die inset A EN die inset B NIE albei waar is nie (logika 1’e): Q = NIE (A EN B).
’n NEN-hek kan twee of meer insette hê; sy inset is waar (logika 1) as NIE al sy insette waar is nie (logika 1’e).
Skakelaar A
Battery Relê Lamp (Q)
Skakelaar B
& Amerikaanse simbool
Inset A 0 0 1 1
IEK-simbool
Inset B Uitset Q 0 1 0 1
1 1 1 0
Waarheidstabel
Uitset-Boole-uitdrukking Q = A . B word uitgespreek as “NIE A EN B nie” of “A EN B omgekeer”.
OF-hek
Die uitset Q is waar (logika 1) as die inset A OF die inset B waar is (logika 1) of as albei waar is (logika 1): Q = A OF B. ’n OF-hek kan twee of meer insette hê; sy uitset is waar (logika 1) as minstens een inset waar is (logika 1).