Die EPES-skakelaar van ’n muursok is intern in serie met die lewendige aansluiting van die sok geskakel. Die rooi draad (lewendig) kom op die skakelaar, swart op neutraal en groen op aarde.
Die ligskakelaar is net met die rooi draad verbind. Die skakelaar word in serie met die betrokke lig verbind.
6
Figuur 6.5: Prop- en ligskakelaar in die handel gebruik
Parallel-lampe Die dwarssnitoppervlakte moet minstens 1,5 mm2
wees. Die ligstroombaan word
gewoonlik via ’n 10 A-stroombreker met die toevoer verbind. As daar meer as een lig in ’n stroombaan is, word hulle gewoonlik parallel verbind. Dit word so gedoen sodat as een lig nie werk nie, die ander nog steeds sal werk.
L Lampe Stroombreker Skakelaar N Figuur 6.6: Twee ligte (parallel) met een skakelaar
Serieslampe Lampe wat in serie verbind is, sal presies op dieselfde manier werk as lampe wat in parallel verbind is, behalwe dat as een lamp smelt, al die ander lampe ook afgaan.
L Stroombreker N Figuur 6.7: Twee ligte (serie) met een skakelaar Skakelaar Lampe