Morsekode is ’n tipe karakterkodering wat telegrafiese inligting op ’n ritmiese basis kodeer. Morsekode gebruik ’n gestandaardiseerde volgorde van kort en lang elemente om letters, syfers, leestekens en spesiale karakters van ’n gegewe boodskap voor te stel. Die lang of kort elemente kan deur klank, merke of pulse gevorm word deur aan/afskakeling en word ook algemeen “dots” en “dashes” of “dits” en “dahs” genoem. Die spoed van Morsekode word in woorde per minuut (WPM) of karakters per minuut gemeet, terwyl die spoed van vastelengtedatavorms of telekommunikasietransmissies gewoonlik in baud of bps gemeet word.
Hoewel dit oorspronklik in die vroeë 1840’s vir Samuel FB Morse se elektriese telegraaf ontwikkel is, is Morsekode ook vroeg in die 1890’s wyd vir vroeë radiokommunikasie gebruik. In die eerste helſte van die 20ste eeu is die meeste internasionale hoëspoedkommunikasie in Morsekode oor telegraaflyne, ondersese kabels en radiokringe gedoen.
Internasionale Morsekode
1. Een “dash” is gelyk aan drie “dots”. 2. Die spasies tussen dele van een woord is gelyk aan een “dot”. 3. Die spasie tussen twee letters is gelyk aan drie “dots”. 4. Die spasie tussen twee woorde is gelyk aan sewe “dots”.
10
Figuur 10.13: Morsekode
Hieronder is ’n eenvoudige blokdiagram van ’n CW Morsekode-sender Lugdraad
Figuur 10.14: CW Morsekode-sender Basiese funksie van elke blok:
• Kragtoevoer Hierdie eenheid voorsien krag aan die verskillende dele van die sender.
• RF-ossillator Die RF ossillator-stroombaan skep die radiofrekwensie-sein. Dit skep gewoonlik ’n sinusgolf van konstante amplitude en word dikwels die dragolf (Eng: “carrier wave”) genoem.
• Kragversterker Die RF-kragversterker word gebruik om die krag van die sein te versterk om sodoende die bestek van die radiogolwe te verhoog.