Elektromagnetiese induksie word altyd gekoppel aan die naam van die wetenskaplike Michael Faraday, wat eksperimenteel bevind het dat ’n elektriese stroom deur magnetiese induksie opgewek kan word.
As daar ’n relatiewe beweging tussen ’n geleier en ’n magneetveld plaasvind, word ’n emk (elektromagnetiese krag) in die geleier geïnduseer. Die grootte van die emk is direk eweredig aan die tempo waarteen die magnetiese vloed wat deur die spoel vloei, verander word. Die woord “relatief” dui daarop dat óf die geleier óf die magneet beweeg kan word om hierdie emk op te wek. As daar geen beweging is nie, is daar geen geïnduseerde emk nie.
Die eenheid van induktansie (simbool: L) is die henry (H). L (in henry) word gedefinieer as L = Ф N weber per ampère, I
waar Ф die magnetiese vloed is, N die aantal draadwindings en I die stroom in ampère.
Beweging van magneet deur die spoel
Figuur 8.12 (a): Beweging van magneet in die spoel in
Beweging van magneet deur die spoel
Figuur 8.12 (b): Beweging van magneet uit die spoel uit
Figuur 8.13: ’n Elektriese ghitaar
Die elektriese ghitaar Die elektriese ghitaar benut die konsep van Faraday se wet asook ander konsepte wat met magnetisme verband hou. Alle elektriese ghitare het ’n opvanger (“pick- up”) wat onder die magnetiese ghitaarsnare sit. Hierdie opvangers is spoele met gemiddeld 4 000 tot 7 000 windings! Wanneer ’n magnetiese snaar gepluk word, vibreer dit soos ’n klein magneetjie en verander dit die magnetiese vloed wat deur die spoel vloei, induseer daar ’n emk en produseer ’n elektriese sein in die klankversterker.