Die boustene van alle elektroniese stelsels groot en klein is die basiese elektroniese komponente. Saamgestel kan hulle van die eenvoudigste tot die ingewikkeldste take verrig. Hierdie hoofstuk gaan ’n paar basiese komponente beskou, hoe hulle lyk, stroombane se simbole en ook ’n paar praktiese aanwendings.
Weerstande met vaste waarde Voorbeeld
Kringsimbool
Funksie Weerstande beperk die vloei van ’n elektriese stroom. ’n Weerstand word byvoorbeeld in serie met ’n ligdiode (LD) geplaas om die stroom wat deur die diode vloei, te beperk.
Verbinding en soldering Weerstande kan enige kant om in ’n stroombaan geplaas word. (Hulle is nie gevoelig vir polariteit nie.) Hulle word nie deur hitte tydens soldering beskadig nie.
Bou van vaste koolstof-weerstande ’n Vaste koolstof-weerstand bestaan uit ’n romp van ’n koolstofsamestelling met ’n dun metaalleiding aan elke kant van die koolstofromp. Die koolstofromp word dan met ’n isolerende keramieklaag bedek, soos aangetoon in Figuur 5.1 hieronder.
Aansluitdrade of
Isolasiemateriaal Figuur 5.1: Koolstof-Weerstand
Bou van vaste film-weerstande In hierdie soort weerstand word ’n dun keramiekstafie met ’n spiraal koolstoffilm bedek. Twee dun metaaldraadjies word weerskante deur middel van doppies met die koolstoffilm verbind. Die geheel word dan met ’n isolerende laag bedek sodat net die twee drade uitsteek. Figuur 5.2 toon ’n voorbeeld van die film-tipe vaste weerstand.
Koppie Aansluitdraad
Koolstoffilm gewikkel om bepaalde waarde te gee Isolerende bedekking
Koolstofmengsel
Figuur 5.2: Film-weerstand
Keramiekstaaf
Weerstandwaardes – die kleurkodes van weerstande Weerstand word in ohm gemeet; die simbool vir ohm is omega (Ω). 1 Ω is baie klein, dus word weerstandswaardes dikwels in kΩ en MΩ gegee. 1 kΩ = 1 000 Ω 1 MΩ = 1 000 000 Ω. Weerstandswaardes word gewoonlik deur kleurringe aangedui.