Verdeelbord Aard- terminaal Aard-elektrode Figuur 2.30: Toets vir aardkontinuïteit
Toets vir isolasieweerstand tussen geleiers Hierdie toets word op die Megger se hoëweerstandskaal gedoen. Hierdie toets word gedoen om te verseker dat die isolasie tussen geleiers nie defek is nie. Die meter se een leidingsdraad word met die neutrale geleistam en die ander met die lewendige geleistam verbind. Die meterlesing mag nie minder as 1 megohm wees nie. Let daarop dat alle skakelaars aan en alle gloeilampe verwyder moet wees.
Hooftoevoer afgeskakel Muursok Skakelaar
Skakelaar toe Las verwyder Neutraalstaaf Megger Figuur 2.31: Toets vir isolasieweerstand tussen geleiers
Toets vir isolasieweerstand tussen geleiers en aarde Hierdie toets word op die Megger se hoëweerstandskaal gedoen. Hierdie toets word gedoen om te verseker dat die isolasie tussen aktiewe geleiers en aarde nie defek is nie. Die neutrale en lewendige geleistamme moet oorbrug wees. Die meter se een leidingsdraad moet dan met die neutrale en die lewendige geleistam tesame verbind word en die ander leidingsdraad met die aardterminaal. Die meterlesing mag nie minder as 1 megohm wees nie. Let daarop dat alle skakelaars aan en alle laste verwyder moet wees.