Logika geintegreerde stroombane Onthou dat ’n logika hek nie werklik bestaan uit ’n skakelaar, battery, lamp of relê nie. Logika hekke is ’n kombinasie van verskillende elektroniese komponente wat saamgestel word om ’n logika geintegreerde stroombaan (GS) te vorm. Elke logika hek word verteenwoordig deur ’n bepaalde logika GS. Hieronder is ’n paar voorbeelde van GS’e. Let daarop dat daar meer as een logika hek in een GS kan wees, en dat elke GS eers aan toevoerspanning en die grond verbind moet word voordat die hekke in die GS verbind kan word.
Voorbeelde Die volgende praktiese voorbeelde kan met ’n logika-opleier of ander beskikbare toerusting gedoen word. Gebruik liefs die logika GS-inligting wat voorheen aangegee is.
Moderne digitale elektronika gebruik mikroskopiese stroombane in geintegreerde stroombane. Vir hierdie aktiwiteit is dit nie belangrik om te weet presies hoe elke stroombaan in die GS werk nie. Dit is eerder belangrik om te weet wat die INSET/ UITSET-kenmerke is en hoe dit op verskillende situasies toegepas kan word.