Verbind nou die swart draad met die basis van die transistor en die rooi draad met die emittor. ’n Goeie PNP transistor sal ’n spanningsval van tussen 0.4V en 0.7V gee. ’n Goeie NPN sal ‘OL’ lees. Los die swart draad aan die basis en verskuif die rooie na die kollektor. Die lesings moet dieselfde wees as die voriges.
Plaas ten slotte die een meterdraad aan die kollektor en die ander op die emittor. Die meter moet ‘OL’ lees. Ruil nou die draad om. Die meter moet steeds ‘OL’ lees. Die lesings vir beide NPN en PNP transistors sal dieselfde wees.
Dit is belangrik om daarop te let dat bg. toets verkieslik uitgevoer word met die transistor buite die stroombaan.
Aktiwititeit 1
1. Noem drie soorte weerstande en teken die IEK-simbool vir elkeen. 2. Skryf die kleurkode vir die volgende weerstande neer: 1 1 kΩ 20%, 150 Ω 20% en 4k7 Ω 1% weerstande.
3. Wat is die verskil tussen ’n ¼ watt-weerstand en ’n een-watt-weerstand? 4. Noem vyf soorte kapasitors. 5. Teken die IEK-simbole vir die volgende komponente en gee ’n kort verklaring van die werking van elke: vooringestelde weerstand, termistor en Zener-diode.
6. Wat is statiese elektrisisiteit? 7. Omskryf kapasitansie. 8. Drie identiese 10 mikrofarad kapasitors is in serie oor ’n 100 V DS-bron. Bereken: a) die totale kapasitansie b) die totale lading c) die lading van elke kapasitor d) die spanning oor elke kapasitor
9. Drie kapasitors van 10, 20 en 30 mikrofarad word in parallel oor ’n 200 V DS-bron verbind. Bereken: a) totale kapasitansie b) totale lading c) die lading van elke kapasitor
10. Twee kapasitors van 1, 3 en 6 mikrofarad word in series verbind oor ’n 500 V DS-bron. Bereken: a) Die lading van elke kapasitor b) Die potensiaalverskil oor elke kapasitor