Die hoeveelheid energie of lading wat ’n kapasitor kan stoor, hang van drie faktore af: die grootte van die plate, die afstand tussen die plate en die tipe isolering wat gebruik word.
’n Kapasitor met kleiner plate sal ’n kleiner lading stoor as een met groter plate. Hoe dikker die isoleerstof tussen die plate, hoe kleiner die lading wat dit kan stoor in vergelyking met ’n kapasitor met dunner isoleerstof.
Kapasitor-simbole Kapasitors word onderverdeel in verskillende tipes met verskillende simbole. Hieronder is die mees basiese simbole wat gebruik word:
5
Ongepolariseerde kapasitors
Gepolariseerde kapasitors
Verstelbare kapasitors
Ingestelde kapasitors
Ongepolariseerde kapasitors Hierdie kapasitors kan op enige manier in ’n stroombaan gekonnekteer word en die potensiaalverskil kan in enige rigting wees.
Gepolariseerde kapasitors Gepolariseerde kapasitors het ’n positiewe en ’n negatiewe konneksie en as hulle verkeerd gekonnekteer word, kan hulle begin lek en selfs ontplof! Dit is nie ’n ramp nie, maar hierdie kapasitore moet tog versigtig gehanteer word.
Verstelbare kapasitors Hierdie nie-gepolariseerde kapasitors het plate wat aan ’n as met ’n knop gemonteer is sodat hulle gedraai kan word om hulle kapasitansie te verander. Hierdie kapasitors word meesal gebruik in radio's se instelbane.
Ingestelde kapasitors Hierdie klein verstelbare kapasitors kan slegs met ’n skroewedraaier verstel word. Hulle word gebruik vir fyn instelwerk en word in die fabriek ingestel.
Kapasitansie
Kapasitansie (simbool: C) is ’n maat van ’n kapasitor se vermoë om ’n lading te stoor. ’n Groot kapasitansie beteken dat ’n groot lading gestoor kan word. Kapasitansie word in farad, die eenheid van kapasitansie, gemeet (simbool: F). 1 F is egter baie groot, dus word voorvoegsels gebruik om die kleiner waardes aan te dui. • µ (mikro) beteken 10-6 • n (nano) beteken 10-9 • p (pico) beteken 10-12
(een miljoenste), dus 1 000 000 µF = 1 F (een duisend miljoenste), dus 1 000 nF = µF (een miljoen miljoenste), dus 1 000 pF = nF
Kapasitansie word gedefinieer as die hoeveelheid lading gestoor op die twee plate by ’n potensiaalverskil of spanning V oor die plate.