Simmerstat ’n Simmerstat werk d.m.v. ’n bimetaalstrook wat buig as dit verhit word en wat dan ’n snapaksie-kontak oopmaak, en die kontak weer sluit wanneer dit afoel. Dit stel die stroombaan in staat om aan en af te skakel na gelang van die stelknop se instelling. Die temperatuur word verstel d.m.v. die stelknop, wat die buigafstand van die bimetaalstrook verstel. Die verstelling van die buigafstand stel jou in staat om die gemiddelde temperatuur van die toestel te reguleer. ’n Tipiese aanwending van ’n simmerstat is in ’n warmwaterketel.
Temp.- aanpassing
6
Kontakte
Bimetaal- strook
Figuur 6.18: Simmerstat
Figuur 6.19: Bimetaalstrook
Las Simmerstat Loods
Figuur 6.20: Simmerstat-verbindinge
Termostaat ’n Termostaat word ook gebruik om temperature te beheer, maar net meer akkuraat, omdat jy ’n spesifieke temperatuur d.m.v. die stelknop kan instel. Die temperatuur word afgetas deur ’n kapillêre buis waarbinne ’n vloeistof uitsit, wat ’n sein aan die hoofskakelaar stuur om die stroombaan oop of toe te maak. ’n Konstante temperatuur kan gehandhaaf word deur die elemente van die toestel aan en af te skakel.
Termostate word gewoonlik gebruik in aanwendings soos spyseniering, in elektriese oonde, diepbraaiers, ens.