Middelvinger wys in die rigting van die induksiestroom (I)
Vloeirigting van stroom
Stroom (I)
Linkerhandreël vir motors
Figuur 8.17: Linkerhandreël vir motors Fleming se linkerhandreël help om die draairigting van ’n GS-motor te bepaal.
Fleming se linkerhand-motorreël Die linkerhand se duim, wysvinger en middelvinger word so gehou dat hulle reghoekig met mekaar staan.
As die wysvinger in die rigting van die magneetveld wys en die middelvinger in die rigting van die stroom in die draad, dan sal die duim die rigting van die krag op die geleier aandui.
Die werking van enige elektriese motor is op eenvoudige elektromagnetisme gebaseer. ’n Stroomdraende geleier wek ’n magneetveld op; as hierdie geleier dan in ’n eksterne magneetveld geplaas word, sal ’n krag wat eweredig aan die stroom in die geleier en aan die sterkte van die eksterne magneetveld is, daarop uitgeoefen word. Soos jy onthou van die tyd toe jy met magnete gespeel het, trek teenoorgestelde pole (noord en suid) mekaar aan terwyl eenderse pole (noord en noord, suid en suid) mekaar afstoot. Die interne bou van ’n GS-motor is ontwerp om die magnetiese wisselwerking tussen ’n stroomdraende geleier en ’n eksterne magneetveld in te span om sodoende ’n draaibeweging te verkry.
resulterende krag
krag uitgeoefen op stroomdraende geleier in magneetveld
Magneetveld geleier
8
Figuur 8.18: ’n Magneetveld wat draaibeweging skep 151