AM beteken amplitudemodulasie, ’n vorm van radiogolwe uitsaai deur die amplitude van die draersein te verander in reaksie op die amplitude van die sein wat gestuur moet word.
10
a) Radiofrekwensie-draer Ossilator
Amplitude- modulator
c) Draer gemoduleer met (AM)
b) Modulerende klanksein
Figuur 10.9: Amplitudemodulasie
Voordele • Die ongesofistikeerde sein kan bespeur word (in klank omgesit word) met eenvoudige toerusting.
• As ’n sein sterk genoeg is, word ’n kragbron nie eens benodig nie. • AM benodig ’n smaller bandwydte as FM.
Nadele • Die sein word beïnvloed deur geruis wat deur elektriese storms veroorsaak word (weerlig).
• AM-transmissies kan nie tydens die dag ionosferies voortplant nie. FM
FM verwys na frekwensiemodulasie en word op baie hoë frekwensie (BHF) in die 88 tot 108 MHz-band uitgesaai.
FM-radio is in die 1930’s deur Edwin H Armstrong uitgevind spesifiek om die geruis- (statika-) probleem van AM-radio te oorkom, waarteen dit relatief goed bestand is.