Transistor Die transistor is ’n klein halfgeleier wat die elektroniese nywerheid heeltemal omskep het. Vandag is transistors in allerhande groottes en tipes beskikbaar.
’n Transistor is so ontwerp dat dit as ’n versterker of as ’n skakelaar kan werk. Hiervoor word ’n klein hoeveelheid elektrisiteit op die basis aangelê om die stroomvloei deur die toestel te reguleer – baie soos ’n klep wat die vloei van water beheer.
As die transistor as ’n elektroniese skakelaar werk, word dit meestal in digitale en rekenaarkringe gebruik. As dit as ’n versterker gebruik word, versterk dit baie swak seine tot baie sterker seine. Transistors bestaan uit drie dele – ’n basis, ’n kollektor en ’n emittor. Die basis is die ‘klep’ wat die vloei gaan beheer. Die kollektor is die toevoer en die emittor is die uitgang. Deur die basis te beheer, kan die vloei aan- of afgeskakel word (elektroniese skakelaar) of versterk of verswak word. Op hierdie manier kan ’n baie klein hoeveelheid stroom gebruik word om ’n groot hoeveelheid stroom te beheer, soos in ’n versterker.
Figuur 5.45: Blokdiagramme en simbole van NPN en PNP transistors
NPN Kollektor Emittor
Daar is twee soorte bipolêre transistors. As die middelste laag van die P-tipe is, moet die buitenste lae van die N-tipe wees. So ’n transistor word ’n NPN-transistor genoem. Een van die buitenste lae word die emittor genoem, die ander die kollektor. Die middelste laag is die basis. Die vlak waar die emittor by die basis aansluit en die basis by die kollektor word die voegvlak genoem.
Die regte spanning moet oor die lae van ’n NPN-transistor aangelê word. Die spanning op die basis moet sterker positief wees as dié van die emittor. Die spanning op die kollektor moet weer sterker positief wees as dié van die basis. Die spannings word voorsien deur ’n battery of ’n ander bron van gelykstroom.
NPN C VCB C VCB PNP
B VCE VCE
B
E (a) Figuur 5.46: Voorspanning van NPN en PNP transistors 106