Induktors in serie en parallel Wanneer induktors in serie verbind is, is die totale induktansie die som van die individuele induktors se induktansie. Om dit te verstaan, moet jy die volgende oorweeg: Die definitiewe maat van induktansie is die grootte van die spanningsvermindering oor ’n induktor vir ’n gegewe verandering in die spoed waarteen stroom daardeur vloei. As induktors in serie verbind is (en dus dieselfde stroom deel en dieselfde verandering in die stroomvloei ondergaan), dan is die totale spanningsvermindering as gevolg van ’n verandering in die stroom kumulatief vir elke induktor, sodat die totale spanning groter is as dié van die individuele induktors. Groter spanning vir dieselfde verandering in stroom beteken hoër induktansie. Dus is die totale induktansie vir induktors wat in serie verbind is hoër as die induktansie van enigeen van die individuele induktors. Die formule vir die berekening van die totale serie-induktansie is dieselfde as vir die berekening van serieweerstand.
(Induktors in serie)
8
Spoelinduktor met lugkern
Spoelinduktor met sagte ysterkern
Spoelinduktor met ferrietkern
Reëlbare induktor Figuur 8.24: Tipes induktor simbole
Wanneer induktors in parallel verbind is, is die totale induktansie minder as enigeen van die individuele parallelle induktors se induktansie. Onthou weer eens dat die definitiewe maat van induktansie die grootte van die spanningsvermindering oor ’n induktor is vir ’n gegewe verandering in die spoed waarteen stroom daardeur vloei. Aangesien die stroom deur elke parallelle induktor ’n breuk van die totale stroom sal wees, en die spanning oor alle parallelle induktors dieselfde is, sal ’n verandering in die totale stroom ’n kleiner spannningsvermindering oor die parallelle opstelling tot gevolg hê as oor enigeen van die individuele induktors. Met ander woorde: Vir ’n gegewe verandering in stroom sal die spanningsvermindering oor parallelle induktors kleiner wees as vir enigeen van daardie induktors op sy eie, omdat die totale stroom in parallelle takke verdeel. Minder spanning vir dieselfde verandering in stroom beteken minder induktansie. Dus is die totale induktansie minder as die induktansie van enigeen van die individuele induktors. Die formule vir die berekening van die totale parallelle induktansie is dieselfde as vir die berekening van parallelle weerstande.