• Bufferversterker Die laekrag-RF-dragolf se uitset vanaf die RF-ossillator word hier versterk; dit hou ook die RF-ossillator en kragversterker se stroombane elektries afgesonder.
• Telegraafsleutel Dit is ’n toestel wat gebruik word om Morsekode te stuur. Dit bestaan uit ’n hefoom wat ’n telegraafsein stuur as dit afgedruk word en die stroombaan dus sluit.
• Lugdraad Dit word gebruik om die radiogolwe uit te saai en te ontvang.
Regenaratiewe ontvanger
In ’n regeneratiewe stroombaan kan elektroniese seine baie kere versterk word deur dieselfde aktiewe komponent soos ’n veld-effektransistor. Dit bestaan uit ’n transistor waarvan die uitset aan die inset verbind is deur ’n terugvoerlus, wat positiewe terugvoer beskikbaar maak. Hierdie stroombaan is algemene gebruik tussen 1920 en die Tweede Wêreldoorlog en word steeds gebruik in toestelle wat garagedeure opmaak.
In ’n regeneratiewe ontvanger word die uitsetgolf van die transistor verbind met sy inset deur ’n terugvoerlus met ’n ingestemde stroombaan (LC-stroombaan) as filter. Die ingestemde stroombaan word ook verbind met die lugdraad met die funksie om die radiofrekwensie wat opgevang moet word, te selekteer. Dit kan verstel word om verskillende stasies op te vang.
Lugdraad Terugvoer
Ingestemde stroombaan
Versterker en detektor
Figuur 10.15: Regeneratiewe ontvanger Prakties 1
Om ’n eenvoudige FM-radio te bou en te ondersoek. Soort aktiwiteit: Klein projek