Nikkel-kadmium (Ni-Cd) Ni-Cd-batterye gebruik kadmium, wat hoogs giſtig is vir die omgewing as dit nie behoorlik weggedoen word nie. Hulle hou vir ongeveer 800 siklusse of 3 – 5 jaar. Nikkel-kadmiumbatterye se leeſtyd kan verkort word as hulle nie volledig ontlaai het voordat hulle herlaai word nie. Dit is die sogenaamde geheue-effek, wat die batteryleeſtyd verkort, maar wat omgekeer kan word deur ’n laaier met ’n ingeboude sikleerder te gebruik. Nog ’n oorsaak van verkorte batterylewe is oorlading deur swak ontwerpte batterylaaiers. Sulke laaiers hou aan om die battery te laai en skakel nie outomaties af wanneer die battery klaar gelaai is nie. Hierdie situasie is onomkeerbaar.
Nikkel-metaalhidried (Ni-MH) Ni-MH-batterye se ladingsdigtheid is sowat 40% hoër en hulle sal langer op ’n lading loop as ’n gelykwaardige Ni-Cd-battery. Hulle word ook nie in dieselfde mate benadeel deur die geheue-effek nie en hoef nie heeltemal ontlaai te word voordat hulle herlaai word nie, hoewel hulle by periodieke ontlading sal baat. Hulle hou vir ongeveer 400-600 laaisiklusse. Hulle kan gelaai of ongelaai gestoor word, maar behoort elke 6 maande gelaai te word om uitdroging te voorkom. Hulle selfontlaai vinniger as ander soorte batterye as hulle nie gebruik word nie. Ni-MH-batterye is ’n omgewingsvriendeliker alternatief vir Ni-Cd.
Lithiumioon (Li-ioon) Li-Ion-batterye het die hoogste ladingsdigtheid (dubbel dié van Ni-Cd) en ly nie aan die geheue-effek nie. Alhoewel hulle duurder is, hou hulle langer, is ligter en selfontlaai minder as battery met ander chemiese werking. Hulle hou vir ongeveer 400 laaisiklusse. Hulle is omgewingsvriendeliker, want hulle bevat geen toksiese materiale soos kwik of kadmium nie.
Die grootste tekortkoming (wat selde genoem word) van herlaaibare litiumioonbatterye is dat hulle mettertyd ’n deel van hulle kapasiteit verloor en na twee of meer jaar kan ingee, selfs al word hulle nie gebruik nie.
Vergelyking tussen ’n paar algemene sekondêre batterye Battery
Eienskappe Lood-suur
Lewensduur van 3-4 jaar Taai en betroubaar Lewer sterk stroom Wye reeks groottes en vermoëns Swaar en groot
Diep siklus Moet heeltemal ontlaai word voor dit weer gelaai word Dikker, sterker plate as lood-suur- batterye Kan meer keer gelaai word as lood- suur-batterye
Nikkel- kadmium (Ni-Cd)
Uiters giſtig vir die omgewing Lewensduur van 3-5 jaar Lewensduur kan daal as dit nie heeltemal ontlaai word voor dit weer gelaai word nie Lae interne weerstand as temperatuur styg
Gebruike
Vir voertuie (motors, bakkies, ens.) Beligting Deurlopende kragbronne (UPS) Duikbote
Vir bote en seiljagte Gholf-karretjies Vurkhysers Elektriese voertuie
Speelgoed MP3/4 spelers en iPod’s Kameras
Afstandbeheer, radiobeheerde speelgoed Spesiale Ni-Cd batterye het ’n nismark in draadlose telefone, noodligte en kraggereedskap