Prakties 1 Om die basiese werking van ’n diode-logika EN-hek te ondersoek
Materiaal en toerusting 1. Logika-opleier of soortgelyke opleier 2. 1 × 10K ohm-weerstand 3. 2 × 1N4007 diodes of gelykstaande 4. 2 × 1K ohm weerstande 5. Verbindingsdraad (Telkomdraad)
Instruksies 1. Verbind die stroombaan soos hieronder op jou broodbord of logika-opleier. 2. DIE OPVOEDER MOET EERS JOU STROOMBAAN NAGAAN VOORDAT JY DIE KRAG AANSKAKEL.
3. Gebruik die waarheidstabel hieronder en voltooi dit deur skakelaars S1 en S2 oor te skakel na die posisies volgens die waarheidstabel. Onthou dat ’n oop skakelaar = logika 0 en ’n toe skakelaar = logika 1 is.
4. Meet en teken die uitsetspanning vir elke insetkombinasie aan. 5. Skryf in jou eie woorde die gevolgtrekking van hierdie ondersoek neer.
S1 S2 0 0 1 1
0 1 0 1
UIT V uit UIT
Prakties 2 Om die basiese werking van ’n diode-logika OF-hek te ondersoek
Materiaal en toerusting 1. Logika-opleier of soortgelyke opleier 2. 1 × 10K ohm weerstand 3. 2 × 1N4007 diodes of gelykstaande 4. 2 × 1K ohm weerstande 5. Verbindingsdraad (Telkomdraad)
Instruksies 1. Verbind die stroombaan soos hieronder op jou broodbord of logika-opleier. 2. DIE OPVOEDER MOET EERS JOU STROOMBAAN NAGAAN VOORDAT JY DIE KRAG AANSKAKEL.
3. Gebruik die waarheidstabel hieronder en voltooi dit deur skakalaars S1 en S2 oor te skakel na die posisies volgens die waarheidstabel. Onthou dat ’n oop skakelaar = logika 0 en ’n toe skakelaar = logika 1 is.
4. Meet en teken die uitsetspanning vir elke insetkombinasie aan.