Frakture is gebreekte of gekraakte bene. Hierdie besering kan baie pynlik wees. As jy dus onseker is, behandel elke beseerde asof hy ’n fraktuur het.
Figuur 1.20: ’n Fraktuur
Die drie algemeenste frakture is: • Geslote fraktuur: Die veloppervlak is nie stukkend nie. • Oop fraktuur: Die punte van die gebreekte been steek deur die vel. • Gekompliseerde fraktuur: Die fraktuur is naby belangrike strukture en kan beserings aan die brein, hoofloedvate, senuwees, longe of lewer tot gevolg hê.
1
Geslote fraktuur
Oop fraktuur Figuur 1.21: Verskillende soorte frakture
Simptome en tekens van frakture • Die afreek van die been kan deur die beseerde gehoor en gevoel word. • Pyn in die omgewing van die besering wat vererger word met beweging. • Die beseerde kan dit moeilik of onmoontlik vind om die beseerde gedeelte te beweeg.
• Gevoeligheid in die omgewing van die fraktuur wanneer ligte drukking toegepas word.
• Swelsel en later kneusing van die beseerde gedeelte as bloed in die weefsel inlek. • Misvorming by die gedeelte waar die fraktuur is. • ’n Knarsende geluid as die bene teen mekaar beweeg.
Noodhulpbehandeling van frakture • Moenie die beseerde beweeg tensy dit noodsaaklik is nie. • Behandel asemhalingsprobleme, ernstige bloeding en bewusteloosheid eerste. • Maak die beseerde so gemaklik as moontlik. • Ondersteun die fraktuurgedeelte met die hand of met opgestopte spalke. • Behandel frakture in die posisie waarin die beseerde gevind is, tensy daar onmiddellike lewensgevaar vir die beseerde is of hy aan slegte weer blootgestel is.
• Immobiliseer en ondersteun ’n gebreekte ledemaat voordat die beseerde beweeg word.
• Stabiliseer en ondersteun die beseerde ledemaat. • Verbind verbande stewig, maar nie te styf nie, om beweging te stop. • Waar moontlik, lig die beseerde gedeelte na immobilisering om ongemak en swelsel te minimaliseer.