steurings soos “sneeu” en spookbeelde uitskakel, wat baie algemeen by tradisionele analooguitsendings was.
DSTV en MNET MNet en DSTV is weer gespesialisserde betaaluitsenders van TV. Die uitgesaaide seine word gekodeer en dan ook deur mikrogolwe aan jou TV-stel tuis gestuur. In albei gevalle het jy ’n mikrogolf-opvangstel asook ’n spesiale dekodeerder nodig om die gekodeerde seine te vertolk voordat dit na jou TV-stel gevoer word. As jy dus nie by hierdie stelsels ingeteken is nie, sal jy nie die seine kan opvang nie.
Radio Radio is die transmissie van seine deur modulasie van elektromagnetiese golwe met frekwensies korter as dié van sigbare lig. Elektromagnetiese straling plant voort deur ossillerende elektromagneetvelde wat deur die lug en die lugleë ruimte beweeg. Inligting word oorgedra deur die een of ander eienskap van die uitgestraalde golwe, soos amplitude, frekwensie of fase, sistematies te verander (moduleer). Wanneer radiogolwe verby ’n elektriese geleier beweeg, induseer die ossillerende velde ’n wisselstroom in die geleier. Dit kan opgetel word en in klank of ander seine verander word wat inligting dra.
AM-radio strek van 535 tot 1 705 kHz (kilohertz, of duisende siklusse elektromagnetiese energie per sekonde). Dit is die syfers wat jy op jou AM-radio se gesig sien. Die FM-radioband strek weer van 88 tot 108 MHz (megahertz, of miljoene siklusse per sekonde). Jy sal hierdie syfers ook op jou FM-radio se gesig sien. FM-stasies moet minstens 200 kHz uitmekaar wees teen hierdie frekwensies, wat beteken dat jy 200 FM-stasies op die FM-bandwydte kan kry.
10
Figuur 10.4: FM-Radiofrekwensies
Jy sal miskien reeds opgemerk het dat FM al jou musiekkanale dra, terwyl AM-radio beperk is tot nuus- en kletsprogramme. Dit is omdat FM (frekwensiemodulasie) die groter reeks frekwensies (hoog tot laag) wat in musiek voorkom, toelaat.
Radiokommunikasie is eenrigting-kommunikasie, waar ’n radiosein deur ’n uitsaaistasie uitgesaai word en deur die luisteraar met ’n radio opgevang word. Die luisteraar kan nie terugkommunikeer met die uitsaaistasie nie.
Handelskommunikasie
Sekuriteitsmaatskappye Gewoonlik gebruik sekuriteitsmaatskappye tweerigting-radiostelsels wat algemeen as “walkie-talkies” bekend is. Jy het een handstel of radio in ’n voertuig met ’n uitsender en onvanger. Hulle saai gewoonlik op ’n bepaalde frekwensie uit, en almal wat op daardie frekwensie ingeskakel is, kan die gesprekke hoor. Die nadeel van tweerigting-uitsendings is dat jy slegs een kant toe op ’n slag kan praat; geen deurlopende gesprekke kan gevoer word nie.