Rt = finale weerstand na temperatuurstyging in ohm R1 = weerstand by kamertemperatuur in °C (aanvangstemperatuur) ∆t = temperatuurverskil in °C
α = temperatuurkoëffisiënt van weerstand by 0 °C of 20 °C (hang van aanvangstemperatuur af)
Materiaal
Silwer Koper Goud
Aluminium Tungsten
Temperatuurkoëffisiënt 0 °C
0,0038
0,00393 0,0034 0,0039 0,0045
Temperatuurkoëffisiënt 20 °C
0,00412 0,00426 0,00365 0,00424 0,00495
Voorbeeld: ’n Kopergeleier het ’n weerstand van 5,8 ohm by kamertemperatuur (20 °C ) Bereken die weerstand van die koperdraad by 125 °C.
∆T = T2 – T1
= 125 – 20 = 105 °C
Rt = R1 ( 1 + α ∆T ) = 5,8 ( 1 + 0,00426 × 105)
= 8,39 Ω Ohm se wet
Spanning is ’n maat van die sterkte van die elektromotoriese krag (emk) wat oor ’n weerstand aangewend word ten einde ’n stroom elektrone as ’n elektriese stroom deur die weerstand te laat vloei. Hoe groter die spanning wat jy oor ’n weerstand aanwend, hoe groter die aantal elektrone wat deur die weerstand vloei en omgekeerd: hoe laer die aangewende spanning, hoe kleiner die stroom elektrone. As jy die weerstand van die materiaal vergroot en die spanning oor die weerstand konstant hou, sal ’n kleiner stroom deur die materiaal vloei – en omgekeerd.
Dit wil voorkom asof daar ’n soort verhouding tussen die drie begrippe stroom, spanning en weerstand bepaal sou kan word, wat van geweldige praktiese waarde kan wees. Hierdie verhouding is deur die Duitse wiskundige Georg Simon Ohm (1787-1854) ondersoek. Sy stelling van hierdie verhouding, wat as Ohm se wet bekend staan, is een van die fundamentele vergelykings op die terrein van fisika.