Inleiding Die doel van hierdie hoofstuk is om ’n kort inleiding tot elektriese energieverspreiding asook eenvoudige huishoudelike installasies te bied. Die hoofstuk sal ook konsentreer op die drie- en vyfhitte stoofskakelaar en die simmerstat.
Distribusie
Die distribusie van elektrisiteit is die finale stadium van die lewering (voor kleinhandel) van elektrisiteit aan verbruikers. Die netwerk van ’n distribusiestelsel dra elektrisiteit van die transmissiestelsel en lewer dit aan verbruikers. Die meeste elektrisisteit in Suid-Afrika word deur steenkool-kragstasies opgewek. Van die kragstasie word dit verhoog tot tussen 130 kV en 750 kV en deur transmissielyne na substasies vervoer. By hierdie substasies word die stroom weer verminder of verlaag tot ’n spanning wat wissel van 230 V vir huishoudelike gebruik tot omtrent 69 kV vir nywerheidsgebruik.
Stoom > Turbine > Generator Transformator
Nywerheidsgebruik
Handelsgebruik
Distribusie- transformator
Huishoudelike gebruik
Figuur 6.1: Basiese elektriese distribusiestelsel Huishoudelike installasie
Vanaf die elektrisiteitsverskaffer kom elektrisiteit deur ’n meterkas (voorafetaal) in die huis in. Daarvandaan gaan dit na die verdeelbord (VDB). In ouer huise kan daar ’n sekeringskas wees. Soms word die term “load centre service box” (lassentrumdienskas) gebruik. Hoe ook al, die krag gaan na die stroombreker met ’n spanning van 220 V. Gewoonlik is die stroom 60 A.
In die meeste moderne aanwendings word elektrisiteit deur ’n ondergrondse kabel aan die vebruiker voorsien. In sommige gevalle is die meterkas binne die vebruiker se perseel; soms is dit buite in ’n mini-substasie waar die lesing geneem kan word. In ouer huise en informele nedersettings word die toevoer deur oorhoofse kabels na verbruikers gelei.
In feitlik alle huise word die elektriese krag by die verdeelbord in ’n kombinasie van 220 V-stroombrekers verdeel.