• Bedek die brandwond met ’n droë, steriele wondverband. • Moenie klere wat vassit, probeer verwyder nie. • Plaas ’n kombers oor die slagoffer om liggaamshitte te bewaar. • Kry mediese hulp.
Bestraling Dit word meestal veroorsaak deur die son en kan ’n groot area van die liggaamsoppervlakte dek. Hierdie brandwonde kan baie pynlik wees en lei gewoonlik tot ’n rooi, sensitiewe vel, blase en opswelling.
Brandwonde word volgens diepte geklassifiseer in: • Oppervlakkige brandwonde (eerstegraadse brandwonde): Die boonste lae van die vel is beskadig. Die vel is rooi en dit kan opswel en blase vorm. Baie pynlik.
• Blaasvorming (tweedegraadse brandwonde): Die vel is rooi, swel op en kan blase vorm. Baie pynlik.
• Diep brandwonde (derdegraadse brandwonde): Die boonste lae van die vel is vernietig. Die vel kan op plekke verkool wees en op ander areas kan daar oppervlakkige brandwonde wees.
Pyn rondom ’n diep brandwond mag nie so erg wees nie omdat senupunte vernietig is, maar daar is ’n groter gevaar van infeksie omdat die vel stukkend is. Skok is teenwoordig by alle brandwonde, maar die graad van skok neem toe met die grootte van die verbrande area. Dit is as gevolg van vloeistofverlies in die weefsel en die intensiteit van die pyn. Selfs ’n oppervlakkige brandwond oor ’n groot area van die liggaam kan tot ernstige skok ly.
1
Eerstegraadse
Tweedegraadse brandwonde
brandwonde Figuur 1.17: Verskillende grade brandwonde
Noodhulp vir brandwonde Die doel van noodhulp vir brandwonde is om die oorsaak te verwyder en die weefselskade tot ’n minimum te beperk, om pyn te verminder en om besmetting van die verbrande area te verhoed.
• Verwyder die beseerde uit die hitte van vuur. • Verjaag dadelik die temperatuur van die verbrande area deur die beseerde gedeelte in koue water te plaas, of deur nat handdoeke daarop te plaas totdat die pyn minder is.
• Hitte in verbrande weefsel hou aan om te versprei, so om enige verdere weefselskade te voorkom, verkoel die hele area rondom die wond so vinnig as moontlik.
• Verwyder die verbrande klere terwyl jy aanhou om die area af te koel. • Assesseer asemhaling (skok!) en gee mond-tot-mond asemhaling indien nodig. • Bedek die verbrande area liggies met ’n steriele wondbedekking, ’n skoon handdoek, of ’n laken as die area groot is.
• Beskerm blase sodat hulle nie oopgaan nie. • Behandel vir skok. • Kry mediese hulp.