Inleiding Aan die einde van hierdie hoofstuk sal jy die verskil tussen die desimale en binêre getallestelsel ken en die basiese berekenings in die binêre stelsel kan doen. Jy sal ook meer weet van logika hekke, hulle simbole, funksies en uitsetuitdrukkings leer asook van die skakelekwivalente van hierdie hekke.
Digitaal teenoor analoog
As ons vandag na die elektroniese wêreld rondom ons kyk, merk ons duidelik dat die tegnologie wat gebruik word, vinnig besig is om van analoog na digitaal te verander. Alle moderne rekenaars maak vir al hulle aksies van digitale tegnologie gebruik. Die hoofverskil tussen analoë en digitale seine is dat analoë seine geleidelik van een vlak na die volgende oorgaan, terwyl digitale seine net tussen twee logika stande wissel. (Hoog = 0 volt en Laag = 5 volt. Wanneer die transistor aan is = logika 1 en wanneer die transistor af is = logika 0.)
Figuur 9.1: Analoë sein
Figuur 9.2: Digitale ekwivalent
’n Analoë stelsel het ’n deurlopende reeks waardes, bv.: • 'n Kwiktermometer • Grammofoonplate • AM-radio.
’n Digitale stelsel het ’n stel diskrete waardes, bv.: • CD's • DSTV • Die stel heelgetalle.
Voordele van die digitale stelsel: • Goedkoop elektroniese stroombane • Makliker om te kalibreer • Bestand teen geruis • Meer inligting kan gestoor of versend word.
Die onderstaande grafieke toon die verskil in weerstand teen geraas