Die waarheidstabel het ’n kolom vir elke inset aan die linkerkant
9
UITSET(TE) Insetname
Dit is gewoonlik makliker as die lys insette binêr optel
0000 0001 0010 0011 0100 0101 ens.
Die uitsette word gelys in die kolomme aan die regtekant
In ’n waarheidstabel is die getal rye = (Getal insette)2
Boole-uitdrukkings ’n Boole-uitdrukking is een wat ’n Boole-waarde tot gevolg het, d.w.s. WAAR of ONWAAR. Die waarde 5 > 3 (vyf is meer as drie) is byvoorbeeld WAAR en die waarde vir “ ’n Appel is nie ’n vrug nie.” is ONWAAR. ’n Boole-uitdrukking stel ons in staat om die insette van ’n logika hek wiskundig met die uitset in verband te bring. Die stelsel stel ons in staat om elektroniese logika skakelbane (hekke) deur ’n reeks algebraïese uitdrukkings te verteenwoordig.
Boole-uitdrukkings kan slegs drie basiese operasies weergee: • Logika optel: Dit word ook die OF-funksie genoem en word gewoonlik aangedui deur ’n plusteken (+).
• Logika vermenigvuldiging: Dit word die EN-funksie genoem en word aangedui deur ’n punt (.).
• Logika omkering: Dit word die NIE-funksie of omkeerfunksie genoem en word aangedui deur ’n lyn bo-oor die omgekeerde funksie (
). NIE-hek (omkeerder)
Die uitset Q is waar (logika 1) as die inset A NIE waar is nie (logika 0); die uitset is die omgekeerde van die inset: Q = NIE A ’n NIE-hek kan net een inset hê. ’n NIE-hek word ook ’n omkeerder genoem.