Die isolasie- en kontinuïteitstoetser kan gebruik word om te toets vir: • Oop stroombane • Kortsluitings • Aardkontinuïteit • Isolasieweerstand tussen geleiers • Isolasieweerstand tussen geleiers en aarde • Die polariteit tussen skakelaars.
Toets vir oop stroombane
’n Isolasie- en kontinuïteitstoetser kan gebruik word om vas te stel of ’n geleier gebreek is. Hierdie is ’n baie nuttige toets, want jy kan verskeie huishoudelike toestelle toets en foute opspoor. ’n Verlengkoord wat defek is, kan getoets word deur te kyk of al sy drade heel en in ’n goeie toestand is. Elemente van stowe, ketels, strykysters, ens. kan ook getoets word. As die instrument geen lesing toon nie, is die draad/element stukkend en dus defek.
2
Meggar/ Multimeter
Figuur 2.28: Toets vir stroombane
Toets vir kortsluitings Die bostaande toets kan ook gebruik word om kortsluitings op te spoor. In hierdie geval word ’n kortsluiting in die geleier of element aangetoon as ’n lesing op die Megger verkry word wanneer daar tussen twee punte getoets word (lewendig en neutraal, lewendig en aarde, neutraal en aarde). Die regulasies vereis dat die isolasieweerstand tussen geleiers en aarde nie minder as 1 megohm mag wees nie.
Meggar/ Multimeter
Figuur 2.29: Toets vir kortsluitings
Toets vir aardkontinuïteit Dit is een van die belangrike toetse wat op boupersele gedoen word om seker te maak dat alle blootgestelde metaaldele met die aardterminaal verbind is. Hierdie toets word op die lae weerstandstrek van die meter gedoen. Vir hierdie toets word een leidingsdraad van die isolasie- en kontinuïteitstoetser met die aardterminaal verbind en die ander leidingsdraad met enige ander metaaldeel op die terrein wat geaard moet wees. Die weerstand moet ooreenstem met die SABS-gebruikskode vir die bedrading van persele.