1. Wat is kommunikasie? 2. Wat is die Morsekode? 3. a. Wat is radiogolwe? b. Hoe word dit voortgeplant?
4. a. Wat is modulasie? b. Noem drie soorte modulasie.
5. Wat is ’n blokdiagram? 6. Teken ’n blokdiagram van ’n FM-opvangstel en gee elke blok se naam. 7. Wat word aan ’n radiogolf gedoen om amplitudemodulasie toe te pas deur ’n klankgolf?
8. Verduidelik hoekom modulasie in radio-uitsendings nodig is. 9. Verduidelik met ’n skets wat bodemgolwe vir jou beteken. 10. Gee twee voordele en twee nadele van ’n mikrogolfstelsel. 11. Noem vier gebruike van mikrogolfstelsels. 12. Hoekom kan mikrogolwe so baie inligting dra? 13. Wat verstaan jy onder “kommunikasie”? 14. Met verwysing na die elekromagnetiese spektrum, wat is die verband tussen frekwensie en golflengte?
15. Gee drie aanwendings vir frekwensies in die elektromagnetiese spektrum wat strek van 300 – 3 000 MHz.
16. Wat verstaan jy onder “eenrigting-kommunikasie?” 17. Gee een nadeel van “tweerigting-kommunikasie”. 18. Verduidelik kortliks die rol van die lugdraad in die radio toestel. 19. Wat is die belangrikste funksie van ’n ingestemde stroombaan in radio toestelle?
20. Wat is die hoofverskil tussen ’n telefoon en ’n selfoon? 21. Wat verstaan jy onder “duplekskommunikasie”?