Teenvoorspan By teenvoorspanning word die P-tipe materiaal met die negatiewe aansluiting en die N-tipe materiaal met die positiewe aansluiting verbind. In hierdie situasie word die holtes in die P-tipe gevul met elektrone vanaf die battery (met ander woorde, die gate word uit die diode gesuig). Die elektrone in die N-tipe materiaal word deur die positiewe pool van die battery uit die diode gesuig. Die diode word dus van sy lading beroof. Aanvanklik word die sperlaag verbreed, wat die hele diode in beslag neem. Dit verhoog die interne weerstand van die diode. Daar vloei geen stroom deur die diode nie.
Meevoorspan By meevoorspanning word die P-tipe materiaal met die positiewe aansluiting en die N-tipe materiaal met die negatiewe aansluiting van die battery verbind. By meevoorspanning pomp die battery meer holtes in die P-gebied van die diode. Die negatiewe pool pomp elektrone in die N-gebied in. Die oormaat lading in die P- en N-gebiede sal die sperlaag onder druk plaas en dit laat krimp. Soos die spanning toeneem sal die sperlaag dunner word en die diode sal steeds minder weerstand bied. Aangesien die weerstand afneem, sal die stroom toeneem (maar nie in verhouding tot die spanning nie).
ID mee-
5
Spergebied verbreed
Spanningsbron
Spergebied krimp
Spanningsbron
teenvoorspanning 0.7V
meevoorspanning VD
Deurslag teen- Figuur 5.36: Kenkromme van ’n silikondiode